Verken.
Toets.
Besluit.
Hernu.

Vorm jou onderneming se toekomsgeskiktheid.

Die Pionier Instituut verskaf en bemiddel projekte van opvoeding, opleiding en begeleiding.

Verstaan

VERSTAAN GEOPOLITIEKE WISSELORDES, DRYFKRAGTE VAN VERANDERING EN ALTERNATIEWE TOEKOMSTE IN SUIDELIKE AFRIKA.

Voorberei

Berei middelgroot ondernemings voor om in dinamiese stelsels te navigeer en sinvolle formasies op te bou.

Vernuwe

Verbeter en vernuwe middelgroot ondernemings se toekomsgeskiktheid en veerkrag.

Dinamiese kragte herskep wêreldwyd, in suidelike Afrika en in die eiesoortige Wes-Kaap, die stelsels waarin middelgroot ondernemings moet optree. Besluitnemers en spesialiste in sulke ondernemings kan ’n belangrike rol vervul om die ekostelsel van verskillende belanghebbers te verbeter. Hulle het egter dikwels nie die toegang tot of die interne vermoëns van multinasionale maatskappye of regerings nie. Ons nie-winsgewende dienste help hulle om sin te maak van dinamiese omgewings, kanse te benut en hul ondernemings en werknemers se toekomsgeskiktheid en veerkrag te verbeter.

Ons VISIE

Ons verskaf opvoeding, opleiding en begeleidingsdienste om sake-ondernemings en gemeenskapsorganisasies in die Wes-Kaap se toekomsgeskiktheid en veerkrag te versterk.

TEMas

Geopolitieke wisselordes, alternatiewe toekomste en strategiese besluitneming
Dryfkragte van verandering, dinamiese stelsels en veerkragtigheid
 

Hoe ons waarde toevoeg

Strategiese ontleding - opvoeding en opleiding - begeleiding